Windhoek Country club logo

WINDHOEK HOTEL EN COUNTRY CLUB

Luukse en bekostigbare vyfsterhotel in Windhoek die hoofstad van Namibië

 Bespaar minstens 5% deur aanlyn te bespreek

BESPREKINGS EN PRYS NAMIBIE AKKOMMODASIE WINDHOEK HOTELS

Windhoek Hotel & Country Club is die toppunt van luukse akkommodasie in Windhoek, of jy nou ‘n toeris of ‘n besigheidspersoon is.

Die Hotel is naby Windhoek se onafhanklikheidstadion en slegs 3 minute vanaf Eros Lughawe. Die 105 Hollywood-kamers (enkelbeddens), 6 suites, 39 luukse kamers of die dubbelverdieping Presidensiële Suite is en suite en ten volle toegerus met individuele lugversorging, mini-kroeg, tee-/koffie-stasie, telefoon, haardroër, skeerpunt, DSTV en balkon.

Windhoek Hotel en Country Club neem hul besoekers se gastronomiese behoeftes ernstig op. Gilles Bernard, die Uitvoerende Chef, kom uit die suidwestelike streek van Frankryk en het uitgebreide ondervinding in die internasionale hotelbedryf. Die Kokerboom Restaurant bedien ontbyt, middag- en aandete (a la carte spyskaart of heerlike buffet). Die Terrace and Pool Bar bedien ligte maaltye en skemerkelkies en het ‘n pragtige uitsig op die omgewing. Dis die moeite werd om die Coffee Lounge te besoek as jy ‘n gretige koffiedrinker is. As jy lief is vir die Oosterse kookkuns, is die Chez Wou Restaurant ‘n moet. Ellington’s Jazz Lounge bedien ‘n groot verskeidenheid drankies en sigare – die ideale plek om te ontspan.

Soos wat ‘n mens kan verwag, bied Windhoek Hotel en Country Club geriewe soos ‘n wasgoed-, droogskoonmaak- en opknapdiens (dieselfde dag), ‘n casino, 24-uur kamerdiens, 18-putjie gholfbaan, dokter op roep, swembad, tennisbane, fliek, refleksoloog, gimnasium, babawagter en ‘n speletjieskamer vir ouer kinders, haarsalon, motorhuur, veilige parkering, kantoor- en sekretariële ondersteuning, asook draadlose internetverbinding.

Entrance Windhoek Hotel
Windhoek Country Club Reception
Pool at Windhoek Hotel
Gold Windhoek Country Club
Bed Room Windhoek Hotel
Windhoek Hotel Bathroom

Indien die Swakopmund Hotel dalk te duur is vir jou, kan jy gerus . The Stiltz in Swakopmund oorweeg. hierdie hotel is op pale in die Swakopmund Rivier ongeveer 400 km vanaf Windhoek. Etosha Nasionale Park is een van die belangrikste attraksies in Namibië en jy sal die park heel waarskynlik wil besoek na jou verblyf by Windhoek Country Club. Ons beveel die sentrale kamp te wete Halali aan in Etosha Nasionale park.

BOTSWANA

Vlieg vanaf Windhoek tot in Gaborone die hoofstad van Botswana. In Gaborone is daar die Big Five Lodge wat bekostigbare akkommodasie aanbied. Mokolodi Natuur Reservaat bied selfsorg akkommodasie. Khama Renoster park is 'n eko-vriendelike toerisme bestemming naby Serowe. .

ZIMBABWE

In Zimbabwe beveel die Windhoek Hotel en Country Club 'n verskeidenheid akkommodasie aan. Jy kan vanaf Windhoek na Harare vlieg en dan in die Rainbow Towers Hotel bly. Soos die Windhoek hotel is hierdie ook 'n wêreldklas vyfster hotel. Daarna kan jy besienswaardighede soos Victoria Falls besoek waar jy in die A'Zambezi River Lodge kan tuisgaan. By die Karibadam kan jy selfsorg akkommodasie by Binga kry Kulizwe Lodge, bied bekostigbare akkommodasie by Binga op die suidelike oewer van die Karibadam. Van Harare kan jy ook die Oostelike Hooglande besoek en 'n nag of twee by Inn On Rupurara bly